Jongste aktiwiteit:

Depressie (Elegie vir Ouboet)

Depressie
(Elegie vir Ouboet)

Nou is tien jaar reeds verby
en elke jaar herleef ons weer
daardie wrede dag toe die minsame
ouboet die handdoek ingegooi het en
besluit het hy het nou genoeg gehad
van die ou wêreld en op 19 Jan 2007 was
hy ruweg uit ons harte en lewens geruk
en het ons gesteier in skok en verdriet – – –
Die sagsinnige chemiese analitikus het
die stryd teen depressie verloor en ek glo
hy ervaar nou net sonskyn vrede en vreugde – – –
Ek hoor sy stem so duidelik as ek bel
Hullo tannie Baba, en ek
lewe in die groot verwagting om
eendag in die hiernamaals weer te hoor,
Hullo, tannie Baba – – –

Janetta – Helena [Babs]©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed