
Ek is steeds gedug
Ek is steeds gedug
Ek stap fier en selfversekerd
al het ek my been verloor deur
‘n nalatige ongeluk, ek het te gou
oor relings van die bakkie gespring
toe ek die rower sien weghardloop – – –
Die been was in gips maar wou net
nie volkome herstel en aangroei nie
My wonderlike baas het my versorg
met ‘n kunsbeen ten duurste, en weet
verseker I am still walking tall en steeds
gedug my byt het niks verander daarmee
beskerm ek my geliefde huismense selfs
met my lewe, en ek lees elkeen se bui
en geaardheid soos ‘n boek want ek is
‘n hoogs intelligente hond – mens maar
ek kan net nie praat nie – – –
Janetta – Helena [Babs] ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.