Alles is wel
Alles is wel
Daar is soveel oorloë en onrus elders
maar hier in my rustige kontrei
sit ek in vrede op die heuweltjie
en tuur oor die geelryp koringlande
weids soos ‘n savanne koringsee
en kyk hoe die briesie dit glad stryk,
eenkant toe waai soos jy hare kam
en ek wonder toe so by myself
waar is jou begin briessie en
waar gaan jy eindig – – –
Die wuiwende koringsee word afgeoes
en die briessie eindig in ‘n windstilte
want alles het ‘n begin en einde, maar
die briessie waai nog strelend oor my
en die ryp koringland is nog deinend en
ek sit nog op die hoogte en geniet die
koel briessie en deinende uitsig
want hier in my kontrei
is alles wel – – –
Janetta – Helena [Babs]©
Pierneef, Agter Paarl.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.