Jongste aktiwiteit:

Ons is besteel

Ons is beroof

Ons is beroof en soek tevergeefs
na alles en jy vra jouself af waar
is al die vreugde en vertroue heen?
Jou woord is jou eer maar blykbaar nie meer
en op straat is jy oplettend en bly wantrouig
omkyk as voetstappe volg en hou die pakkie
stywer vas indien dit ‘n sakkeroller of grypdief is
en stop abrup by die groot winkelvenster om
te kyk wie verbystap, want niemand snel meer
te hulp en niemand hou stil by jou vir ‘n papwiel
of as motor stol langs die pad nie, want dit is
dalk ‘n strik, en jy is alles in ‘n oomblik kwyt – – –
Ons vreugde gesteel,
ons vertroue is gesteel ,
is jy vriend of vyand wat volg?
Wees dan self maar betroubaar
maar
vertou niemand – – –

Janetta – Helena [Babs]©




1 Kommentaar

  • Barbara

    Ai Janetta, ek het al lankal gewonder wat het geword van "Jou woord is jou eer" soos ons destyds in die voortrekkers geleer het. Als is cheap en plastic deesdae, Selfs die mensdom se maniere, normes en waardes. Lekker gelees!

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed