Jongste aktiwiteit:

Die blom

voel jy pragtig?
voel jy skaam?
wil jy jouself blaam?
is die las te gewigtig?

vir jou wil ek ‘n lofsang sing
en doen vir my ‘n bietjie guns
jy is ‘n beeldskone Godskuns
lei my tog na jou blomwoning

‘n klein lelike saad was jy
diep begrawe onder die harde grond
gespartel teen die grond se mond
hoe het jy dit reggekry?

sukkel-sukkel het jy saad geskiet
skaam en broos het jy gebloos
mooier as die rooiste roos
jou geveg was nie verniet

wys jou skoonheid
deel jou swaarkry en trane
hoe jy gesukkel het en dis verstane
wys jou mooiheid

‘n ware prag meesterstuk
hoe God se vingers jou ontwerp het
en vir jou ‘n plek in die natuur gegee het
sowaar ‘n prag meesterstuk

is die las nog gewigtig?
wil jy jouself nog blaam?
voel jy nog skaam?
voel jy nog pragtig?

© Roeline




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed