Jongste aktiwiteit:

DIE DAG TOE EK DANS

Dit was sonder moeite,
nerens was daar klank,
net die beweeg van my voete,
saam met die ritme van my siel.

Geen woorde, geen stem, geen verniel.
Heilig amper, met wasem van genade,
en ek voel hoe herstel God al die skade.

Dit word ‘n dogterjie dans sonder pyn,
grensloos oor die realm van mens,
word my dans ‘n begeerte, ‘n wens.

Terwyl ek draai binne die voue van my rok,
sweef die soom van ‘n Heilige God,
saggies oor die kranse van my heil,
en met ‘n allerheilige gebaar,
staan Hy ewe skielik daar.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed