Jongste aktiwiteit:

ONVERWAGS

Onverwags, maar goddelik verblywend
loop jy een aand in my droom in.
En ek hardloop sonder beperking
in die sirkel van jou arms in.
Terwyl jy my vasdruk,
weet ek dis net vir ‘n wyle,
wat ek by Pappa kan staan,
en snikkend hoop dat my siel
en my hart ‘n weg kan baan,
na ‘n plek sonder seer,
en tog onthou ek jou woorde
weer en weer……
Toe jy vir my sê:
“Ek weet jy bloei”
Dis toe dat my siel en gees gaan lê.
En ek hoop jy kom soek my weer in ‘n droom,
want hier waar ek nou lê,
sien ek nie eers meer God se soom.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed