Miswolke Versus Donderwolke
Miswolke versus Donderwolke
As die miswolke kuslangs aangerol kom
en met sy grys wolkkombers die lugruim oordek
weet jy byna verseker bekommer jou nie
oral gaan dit sagweg reën eentonig aanhoudend
en niemand word oorgeslaan maar o, ek verlang
na die donderweer se kopskoonmaak knalle, want
dis heerlik anders as die stapelwolke begin saampak,
die spiere begin bult met ‘n vuurwerk kragvertoning
en sy blitse die lugruim klief met sporadiese sig-sag
ontladings en in verblindende weerligsarsies neerswiep
op die aarde want Cumuluswolke kraai koning en reën
selektief net waar hulle wil want buurman kry reën en
ek niks en bid dan dat die donderweer omsit in milde
sagte landsreëns en vir almal uitkoms bring—
Janetta – Helena [Babs]©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.