Jongste aktiwiteit:

Die haat van ‘annatjie

Jou Donker gedaante
weerkaats in die spieël
Skreeuende bek
wat haat toesnou

Soos ‘n skim in die nag
kom steel sy jou lag

Vreet jou van binne
soos larwes en suur
Verteer die self
tot net karkas oorbly

Deur leed betower
terleurstelling verower –

Sluimer haar dier
in jou agterkop
Lek aan jou wonde
met sy skurwe tong

Venynige gestalte
diep in geskroei
Jyt jouself tevergeefs
vir lank genoeg
met my bemoei…

© Carla Visser




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed