WATERVAL
Waar ruwe waters
voetstoots oor die afgrond val
en in tyd gestol
vloei wasig wit die sluier
byna heilig teen die hang
©HMellet
5 Kommentare
-
-

Koekekranka
En die foto ver-innig die prag van die aanwend van die woorde en begrippe 'wasig' en 'heilig'. Pragtig!
-

Toom
Praktiese omsetting van godsdiensonderrig: Wat ís heilig? Ja, die water. Dit weet ons in Afrika. Daar beleef ons dit ,wasig wit teen die hang.' (Of soek ek in die verkeerde hoek?) GvT
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Loretta Szikra
"voetstoots oor die afgrond val" Baie goed gepen Helena - ek hou baie hiervan.