
Die tyd…
Wandel die paadjie
van sandsteen gebou
Op my ou sakhorlosie
die dae aftel vir jou
In my hart geskrewe
beloftes immergroen
Wagtend en geduldig
tot die blom-seisoen
Die stof sal gaan lê
en die siel bedaar
Sodra die tyd reg is
en ek jou gewaar
© Carla Visser
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.