Jongste aktiwiteit:

DIE NAG SE KRIMPPAPIER

Die dag flikker en sterf ‘n eenmansdood
toegevou in die nag se krimppapier toebroodjie

Die na-os-son se wegloop kinders
trek hul stomp lem messies uit
maar die nag se krimppapier
versmoor die knipoog van die wegloop dag

Die son se beraders los elke dag kontrakte by my agterdeur
maar die nag se oopbek wolwe kom eerste daar

…die nag se krimppapier
smelt môre weer in die son se opstaan wakker word
wanneer hy die nag se deure oopsluit
en aangestap kom uit die Ooste




Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en 11 maande dogter Katelyn. Was deel van WOES se eerste bundle uitgawe van 2008 onder my tweede naam Gerhard. Vroeg "afgetreë" en hou myself besig met my "kunswerke". Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Karina Nel het n geregistreerde lid geword

  • Karina Nel het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak