Die Reën Het Gekom
Die Reën Het Gekom
Met die natuur verfris onder‘n reënwaterstort
is die donderbui weer ewe ongeërg vort
en reënboogkleure fleurig
soos uitgespreide poustertvere keurig
belyn koepel oor die wolkehemel
en met lewe wat weer opflikker, wemel
en huppel
dit oor elke kosbare druppel
wat red uit die droë snak
van droogte se meedoënlose knak – – –
Stroompies sigsag vrolik kabbelend,
babbelend,
en die agtdaegrassies
ontluikend steek saggies
kop uit met nuuskierige jong sprietjies
wyl die wag-‘n- bietjie
haakdoring se naak venyn
agter ‘n blareskede verskans verdwyn,
en plate duwweltjies rank geniepsig
skynheiligmooi agter ‘n geelblommetjie gesig – – –
Goggatjies skarrel
en skoenlappers fladderend dwarrel
met die briesie van blom tot blom,
die varsaardereuk versprei, die reën het gekom!
Janetta – Helena [Babs]©
2 Kommentare
-
Amaspoke
Ons met dankie sê, dit reën nou al drie dae hier in Welkom. Baie mooi.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Palet
Dis mooi...vrolik en vars