Jongste aktiwiteit:

Seën ons hande Heer

Seën ons hande Heer

Daagliks word ‘n see
van hande na U uitgestrek – – –
Dis growwe vereelte werkershande,
fyn en sag gemanikuurde hande,
gewone alledaagse werkshande
en ook kinderhandjies in gebed gevou – – –
U onderskei elke hand se behoefte en
luister na die pleit om genade,
danksegging, en
jubelende hallelujas – – –
Here U ken elke woordelose hand
tot diep in hulle verborge harte,
seën dan ons hande Heer, want
hulle pleit en juig met danksegging
in nederige aanbidding waar ons
stom raak, en in woorde faal – – –

Janetta – Helena [Babs]©




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed