Jongste aktiwiteit:

Die Stoep

Die Stoep

 

Op hiérdie stoep

strek ek vér agteroor

en rus my kop teen die verslete houtbank

met oulap se lappieskombers oor.

 

Hier lag ek diép uit my maag

en ek kerf heel repe dik geelvetbiltong

en ek voer die honde

wat hulle lui hier voor my vellies tuismaak.

 

Hier lees ek ure lank

ten einde die  nasmaak van nostalgie

krummel-vir-krummel

in skywe koel melktert en lang glase gemmerbier

oor die horison verdwyn.

 

Op hierdie stoep

kou ek oopmond

en ek rook sterk pyptabak en luister stil

na waar die padda in die vleiland sy mater soek

 

en hier kan ek huil

en hier kan ek bid.

Op hierdie stoep

sal ek  immer kan sit…




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed