
Onpas Skoene
as een skoen skawe
al is dit op een kleintoon
ondermyn dit altwee voete
en bring die hele lyf tot ń stilstand
dus agter ontwerperkasdeure
lê nuwe skoene in pare
net reg vir weggooi,
hulle skawe gewone voete
of rek die leerskoenvel
en koop ń duur ondermat
is die raad vir ń gladde loop
en verskuif die seer bank toe
so lê meeste ontwerperskoene
splinternuut en stofbedek
om ń geskaaf te vermy,
maar ook enige voorwaarts mars
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.