Jongste aktiwiteit:

Leeg

Leeg

Leeg, leeg is wakker word in hierdie nag
ek open my oë, dis jy waarna ek smag
veraf die geluid van ‘n tortelduif wat koer
in die lig van die maan is ek wat vir jou loer

my arms voel leeg, niks wat ek kan weeg
my beminde, langs my, is jou plekkie leeg
skadu’s teen die muur, omvou my gemoed
in my binneste, vannag, is onrus wat woed

leeg, diep binne in my, tik stadig die tyd verby
die nagte is koud en lank, jy, moet my kom bevry
jy is dan die een, na wie ek verlangend wag
elke pynlike minuut, in die nag, ook in die dag

nog, ‘n nuwe more breek aan, eensaam, still
vasgevang in dwalende gevoelens, my wese kil
gedagtes sonder jou, laat my onomwonde ril
sou, jy nou maak, in my lewe, die groot verskil

ek sien jou nou, hier by my, dalk ewig verbind
ek wil jou hê, my beminde, met liefde verslind
jou skoonheid het my gedagtes opeens, betower
dis jy, droom, wat my hart, opnuut elke dag verower

Kopiereg © Wilfred (Willy) Funchal




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed