Jongste aktiwiteit:

Suid Afrika se Stand

storms woed oor ons heen
waters vloed met die reën
die manne met die mag
dink hulle het wysheid in pag

die blou wolke breek met ń gesidder
donderweer die waarskuwende maaifoelie
die mense swets en skel
vir die veragtelike spelgreep

vlees en bloed
stry verwoed
vir oorlewing in die sondevloed
om die oortreders te laat boet

vergifnis word gevra wanneer ons vergader
ons land se redding berus by ons Vader

@Louisa van Vliet

Voetnota:  maaifoelie en spelgreep




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed