Jongste aktiwiteit:

  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van RiccoRicco is nou vriende

  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Ricco het n geregistreerde lid geword

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Colin het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Jessica Venter het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van CHRISTELLECHRISTELLE is nou vriende

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

DIE WIEL DRAAI HFSTK 11

HOOFSTUK 11

Die haastige geklap en gesuis van die wiele onder trein 665 begin stadig maar seker saam met die geblaf van die lokomotief vooraan tot Marietjie se slaap benewelde brein deurdring. Bokant haar kan sy Elsabe se rustige asem haling hoor, sy slaap nog n dode slaap en droom seker nog drome van haar en Hans saam, dink Marietjie toe sy n tevrede sug van bo af hoor wat haar laat glimlag.
Marietjie lê op die onderste bank en skuif die blindings effens op en sien die dag begin breek oor die landskap wat verby skuif voor die treinvenster verby. Terwyl sy kyk hoe die wêreld verbygly raak die geblaf stil en die remblokke begin teen die wiele skree soos die drywer remme aansit om n stasie stadig in te trek. Arlington se naambord gly verby en besluit sy om nog n bietjie te lê maar die slaap bly wyk. Die trein staan n hele rukkie op Arlington en later voel sy n plukkie en die geblaf begin hervat saam met die gesuis en geklap van die wiele.
Toe hulle op Valsrivier wegtrek besluit sy om Elsabe wakker te maak en gereed te maak vir die dag: “Opstaan Elsabe dat jy jouself kan mooi maak vir die liefde van jou lewe. Jy wil tog nie hê hy moet weghardloop nie”.
Elsabe protesteer eers maar staan sy lui lui op om saam met Marietjie reg te maak vir die dag. Dit is n warm Desember en besluit hulle op twee ligte somersrokkies. Elsabe het spesiaal een gaan koop, so n vrolike bont een met n effense lae hals en die soom so handbreedte bokant die knie, want sy wil Hans se voete onder hom uitslaan. Marietjie was nie links nie en het vir haar ook een gekoop.
Toe die trein by Boskop verbygaan staar Marietjie lank en ingedagte by die venster uit en besluit sy net daar en dan die eerste op haar agenda n besoek aan die prokureur, wat hulle geld in trust hou, gaan wees.
Toe die trein op platform 3 intrek is hulle reg en sien vir Hans al van ver af waar hy saam met Ronel vir hulle staan en wag. Toe die trein stop staan hulle klaar by die deur met hulle tasse, reg om uit te klim. Marietjie is eerste uit en in Hans se arms. Terwyl hulle mekaar styf vasdruk fluister sy in Hans se oor: “Ek is hier Hans en nou is ons permanent saam my broer. Nou kan ons saam begin werk om Boskop terug te kry. Ek het vanmore toe die trein by Boskop verbygaan net weer besef dit is ons plaas”.
Elsabe groet Ronel en dan kry Hans haar in n greep beet. Arme Elsabe word gedruk en gesoen tot n ge mmm en n ge oelala hulle verleë mekaar laat los.
Hans het die dag verlof gevat en is hy eers weer more aan diens. Sy drywer het saam met hom n dag verlof gevat omdat 2900 vir n ketel uitwas moet gaan. Hy kan dus die hele dag spandeer om die meisies in te burger.
By die huis gekom is die twee in ekstase oor hulle nuwe huis. Hulle kan Ronel nie genoeg dankie sê vir wat sy gedoen het nie. Hulle druk haar vas tot sy laggend protesteer: “Stadig nou, netnou druk julle ou babatjie pap”
Eers word daar koffie gemaak en drink Ronel eers koffie saam met hulle voor sy ry. Ook maar nog moeg van die treinrit besluit die twee meisies om dadelik n lekker bad te gaan neem, Hans het gesorg dat die geyser vol warm water is. Klaar gebad gaan pak hulle gou hulle tasse uit en slaan hulle Hans se asem weg toe hulle die sitkamer betreë. Marietjie het haar lang swart hare losgemaak en tuimel dit soos n waterval oor haar skouers. Sy het n wit bloesie met n knielengte wit romp aan en kom draai sy so voor Hans om sy goedkeuring te kry. Hy gee dit in n lang wolwefluit. Elsabe het weer die pragtige bont somers rokkie aan wat die volheid van haar figuur beklemtoon en het sy haar blonde hare ook losgemaak en tuimel dit ook oor haar skouers. Ook sy kry n lang wolwefluit van goed keuring by Hans wat kamma na sy hart gryp.
Toe hulle gaan sit is Marietjie se eerste woorde: “Hans ek wil nou by die prokureur uitkom want ek wil weet hoeveel geld in daardie trust is. Ek is nou hier en nou kan ons saam begin planne maak om Boskop terug te kry”.
Hans het nie n keuse nie en stap hulle dorp toe om die prokureur te gaan sien. Gelukkig is Johan van Eeden in en nooi hulle vriendelik om te kom sit en kyk hulle dan vraend aan met n: “En waarmee kan ek julle help vandag”.
Hy is n ouerige man van in sy vyftigs, spierwit grys en al baie jare n prokureur op die dorp en is hy redelik bekend met baie mense. Hy het al die jare ook Dirk Struwig se sake behartig, Dirk Struwig was een van sy eerste kliënte. Vir hom was dit n groot hartseer die dag toe Dirk Struwig Boskop verloor het en uit lojaliteit het hy Dirk se proku reur gebly, al het hy die laaste tyd voor sy dood niks vir sy dienste gevra nie want hy het gevoel mens trap nie iemand wat reeds lê nie.
Marietjie val dadelik met die deur in die huis: “Meneer ek en Hans wil weet hoeveel geld in ons trust is. Hans word oor drie dae een en twintig en is dan seker geregtig op sy deel terwyl ek seker nog drie jaar sal moet wag op myne tot ek een en twintig word”.
Johan bel sy sekretaresse om vir hulle koffie te bring en ook sommer die leêr oor die Struwig trust. Die koffie kom eerste en gesels hulle sommer oor algemene dinge tot die leêr deur die sekretaresse gebring word..
Johan kyk deur die leêr en dan kyk hy op: “Julle pa, Dirk Struwig, het vir elkeen van sy kinders, op hulle eie naam, n spaar rekening oopgemaak met geboorte waarin hy gereeld n klompie geld na elke oes inbetaal het. Net die laaste twee jaar wat hy nog geboer het is daar niks inbetaal nie. Ek vermoed dit was omdat die groot brand en die misoes die jaar daarna hom verhinder het om n bedrag in te betaal. In sy testament, wat ek kort voor sy dood opgestel het, het hy bepaal dat die geld met sy afsterwe in n trust inbetaal word en daar bewaar word tot julle een en twintig word en dan is dit tot julle beskikking”.
Johan bly n paar oomblikke stil om sy woorde te laat insink en gaan dan aan: “Ek was vir baie jare julle pa se prokureur en was dit destyds op my aanbeveling dat die rekenings op julle naam geopen was. Gelukkig dat ons dit gedoen het anders kon die likwidateurs van sy boedel, toe die bank hom laat insolvent verklaar het, daarop beslag gelê het om sy skuld te help betaal want die plaas se opbrengs was nie genoeg om sy skuld te betaal nie. Ek was ook die eksukuteur van sy boedel met sy afsterwe. Julle ma het nie veel van die geld gebruik wat die spoorweë na sy dood uitbetaal het nie, sy het op haar maandelikse pensioen geleef wat weggeval het met haar afsterwe. Die spoorweë het egter na haar afsterwe nog julle deel inbetaal en het ek julle n maandelikse toelaag uit die trust gegee”.
Johan bly weer stil en vra dan: “Hans jy word een en twintig en is jy geregtig op die helfte van die trust. Die spoorweë se inbetalings op jou naam het natuurlik gestaak toe jy begin werk het en Marietjie sn sal nou staak as sy begin werk. Jy moet dus vir my instruksies gee wat ek daarmee moet maak”.
Dit is Marietjie wat vir Hans kyk en dan antwoord sy: “Laat die trust net aangaan. Ons sal elke maand n bedrag op die trust inbetaal om dit te laat groei tot ons genoeg geld het om ons ideaal te verwesenlik, Boskop terugkoop”.
Johan kyk hulle verras aan en baie gedagtes gaan deur sy kop. Hy kan nog goed onthou dat met die verkoop van Boskop die plaas nie naastenby markprys behaal het nie.
Willem Roets het die plaas goedkoop gekry want die paar bieërs was maar traag daardie dag. Hy kan tot vandag toe nog nie verstaan hoekom die bankbestuurder die verband opgeroep het nie. Hy vermoed nog altyd dat dit onder druk van Willem Roets was wat dalk gedreig het om sy besigheid by die bank weg te vat as hy nie die verband oproep nie en die man nie sy besigheid wou verloor nie.
Dit is egter toe hy Marietjie vas in die oë kyk wat daar iets deur haar oë gaan wat hom koue rillings laat kry en weet hy, sy sal nie rus voordat sy haar doel bereik het nie.
Hy moet ongelukkig hulle planne rem: “Marietjie daar is nie soveel geld in die trust dat julle Boskop sal kan terugkoop nie. Daardie plaas is baie werd en Willem Roets sal n hoë prys vra as hy verkoop. Hy het al die plase om hom opgekoop met die tyd en is dit net Langspruit, Phillip du Plessis se plaas, wat nie aan hom behoort nie en hy probeer sy bes om Langspruit te koop”.
Marietjie kyk hom vas in die oë: “Ek het nie gesê ons wil Boskop vandag koop nie, maar koop sal ons hom koop. Dit is die Struwigs se grond daardie”.
Johan sê nie n woord nie maar die kyk in Marietjie se oë spreek boekdele. Hulle is nog n rukkie besig by die prokureur en is dit net voor hulle loop wat Elsabe hom vra om uit te vind wat van die geld wat met haar ouers se afsterwe uitbetaal is geword het.
Dit is al middag toe hulle by die huis kom en moet Hans weer die stoof aan die gang kry want Marietjie wil vir hulle n ordentlike aandete maak. Sy en Hans is in druk bespreking oor die oggend se gesprekke by die prokureur.
Marietjie en Elsabe maak n uithaler aandete en is dit na ete wat Marietjie dinge begin ophaal: “Hans ek weet nie hoeveel jy gespaar het in hierdie drie jaar nie maar ek sal n paar dinge moet koop vir die huis. Ons het nog net more om dit te doen want Maandag moet ons begin werk”.
Onder die gesprek deur bring die roepman Hans se waarskuwing, hulle werk n goederetrein Kroonstad toe om die Oranje Snel te gaan haal. Daar is dus genoeg tyd om die oggend gou bank toe te gaan dat hy vir Marietjie kan gaan geld trek om te koop wat sy nodig het.
Marietjie voel moeg en gaan klim vroeg in die bed om Elsabe en Hans alleen te laat vir die res van die aand. Sy is seker hulle wil n rukkie alleen wees en sy het beter dinge om aan te dink as om derde mannetjie te speel.
In haar kamer trek sy haar dagboek nader: “Liewe Dagboek. Ons was vandag by die prokureur gewees en daar is n hele klompie geld in die trust maar te min om Boskop te koop. Dagboek wat vir my net snaaks is dat al die plase om Willem Roets deur hom opgekoop is, wonder of hulle ook eers afgebrand het dat hy hulle teen n lae prys kon kry. Ek is nou lelik maar ek wonder maar net. Dagboek maar ons sal Boskop terug kry al vat dit hoe lank maar ek gaan nou slaap. Ek het die verliefde paartjie in die sitkamer gelos want ek wil tog nie in n stoomwolk van liefde sit nie want die stoom trek by hulle ore uit”.
Marietjie is nie ver verkeerd nie. Sy was skaars weg of Hans trek Elsabe langs hom neer. Sy gee gewillig mee en vlei haarself teen Hans vas. Toe die eerste minnaarsoen kom druk sy haarself teen Hans vas en met n sagte kreun gaan haar lippe onder syne oop en word hulle weggevoer op die wieke van die liefde met dwalende, strelende hande oor mekaar se lywe om uiting te gee aan ses maande se verlange en hunkerings. Die een passievolle soen volg op die ander tot Elsabe wegbreek en vra dat hulle gaan koffie maak. Sy sal dit nie sê nie maar sy voel hulle moet bietjie afkoel, haar hunkeringe is besig om hand uit te ruk en sy kan voel Hans sn ook. Na koffie besluit hulle om te gaan slaap en klim hulle in hulle beddens, elkeen vol verlange en hunkerings na mekaar maar wat hulle voel die tyd nog nie ryp is vir volle vervulling nie.
Die volgende dag is n besige dag en loop hulle weer dorp toe om alles wat Marietjie vir die huis wil hê te gaan koop. Hulle is net betyds terug toe die roepman Hans kom roep om aan diens te gaan en is dit toe hy weg is wat Marietjie en Elsabe ernstig begin gesels en is die skaam Elsabe die een wat die ys breek: “Marietjie as die prokureur uitgevind het wat van my geld geword het gaan ek hom vra om dit oor te bring hiernatoe. As ek dan een en twintig word kan hy dit op julle trust inbetaal en sal ek my deel tot Boskop se koop ook bydra, op voorwaarde dat ek n lid van die trust word”.
Marietjie kan haar ore nie glo nie en al wat sy kan sê is: “Dit is nog drie jaar Elsabe. In drie jaar kan baie dinge gebeur maar dankie in elk geval vir die aanbod. Ek dink in elk geval teen daardie tyd sal jy en Hans al getroud wees want ek het net stoom geruik in die sitkamer vanmore”.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van RiccoRicco is nou vriende

  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak