Jongste aktiwiteit:

44000

Hierdie is net ‘n lusmakertjie uit ‘n verhaal warmee ek besig is. GENIET!
ʼn Versengende hitte wat kraaie laat gaap, hang soos ʼn digte kombers oor die hele vallei. Blare hang vreemd roerloos. Sonbesies stuur hul sang, trillende op die oordromme van die bewustelose ongeluk slagoffers. Die ultra hoë toon van die insekte se sang is van die eerste goed wat Ben terug bring na die werklikheidna die hede.
Ben maak sy oë versigtig oop. Sy neus geblok met stukke droë bloed, stof en grond terwyl ʼn onuithoudbare pyn in sy linkerskouer skerp impulse deur die hele linker kant van sy liggaam en agter in sy nek op stuur. ʼn Dun bloedstraaltjie baan sy weeg deur sy stof besmeerde gesig. Hy voel aan die groeiende knop aan die kant van sy kop en trek sy asem skerp in wanneer hy raak aan die teer gekneusde gedeelte. Hy kyk af na sy linker arm en sien oorsaak van die ondraaglike pyn. ʼn Stuk riet het homself in gewig diep in die sagte weefsel van sy skouer. Hy haal twee na drie keer hard asem, trek dan diep in en terwyl hy stadig uitblaas trek hy hard aan die beblaarde stuk wat net groot genoeg is om met regterhand te omsluit. Vir ʼn paar oomblikke suig die riet vas en trek ʼn punt met sy vel voordat dit stadig bes gee en saam met stukke weefsel uitkom. ʼn Kreun van diep uit sy binneste kom voort tot hy hardop uitskree wanneer die laaste stuk uit kom. Bloed begin vinnig uitsypel en veroorsaak ʼn vinnig groeiende rooi kol op die voorkant van sy hemp. Hy gryp die boonste deel van sy mou by die linkerskouer vas en pluk hard daar aan. Hy kreun weer hard as die pyn deur sy hele liggaam skiet, maar gelukkig skeur die mou af en hy kan dit gebruik om die wond te verbind en die bloeding te verminder.
Hy lig sy kop pynlik en kyk….




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed