Jongste aktiwiteit:

DIE WIEL DRAAI HFSTK SLOTHOOFSTUK

HOOFSTUK 25

Marietjie wag hulle kans geduldig af tot op n dag wat Willem se seun, wat op Boskop is, saam met sy pa na n veiling toe is. Sy wil Willem op Boskop inwag. Sy het haar huiswerk deeglik gedoen en voor die tyd uitgevind wat Boskop se waarde destyds was en wat die waarde nou is. Daarna het sy vir Gert opdrag gegee om die dokumente vir n skikkingsbedrag en n koopkontrak vir Boskop gereed te kry. Gert van Eeden was baie verbaas oor die opdrag maar toe hy hy vir Marietjie vra hoe sy dit gaan regkry om tot n skikking te kom en Boskop te verkoop het sy net geglimlag en geantwoord: “Hy sal teken as ek met hom klaar is, dit belowe ek jou”.
Toe hulle op Boskop stop stuur sy vir Maria om Sophie en haar kind te gaan haal. Toe Sophie met die kind kom en die kind vir hulle wys sien hulle dadelik dat die kind duidelik n blanke pa het. Hy het boonop nog van Wllem Roets se trekke ook, so klein as wat hy is.
Toe Willem en sy seun, Janneman, terugkom van die veiling af sit sy en Bernard vir hulle in die sitkamer en wag. Toe Willem en Janneman die sitkamer instap steek Willem n oomblik in die deur vas asof hy sy oë nie kan glo nie. Toe bars hy los: “Wat maak julle hier? Ek het mos gesê julle kom nie weer op hierdie plaas nie”.
Marietjie en Bernard antwoord hom nie en Marietjie wys hom om te gaan sit. Iets in haar oë laat sy knieë buig en sak hy in n stoel neer maar dit is of n beklemming deur hom gaan, hierdie mense is nie om dowe neute hier nie.
Marietjie is die woordvoerder: “Willem ons is hier namens Struwig trust om n ooreenkoms vir skade vergoeding met jou te probeer bereik sonder om hof toe te gaan vir n skikking. Dit kan ons almal baie geld spaar en ek is seker daarvan dat jy onnodige uitgawes wil voorkom na die gevoelige slag wat jy gelei het met twee eise wat jy reeds moes uitbetaal vir die brande wat jy laat stig het”.
Willem word asvaal en vra: “Wie de hel is jy eintlik mevrou Vosloo en wat het jy en Bernard in elk geval met Struwig trust uit te waai”.
Dit is Marietjie se groot oomblik waarvoor sy jare al wag: “Ek is Marietjie Struwig, Dirk Struwig se dogter wie se plaas jy afgebrand het. Dirk Struwig wat noodgedwonge op die spoorweë moes gaan werk en dood is toe hy voor n trein beland het. Dit het my ma na haar graf toe gestuur en ek hou jou daarvoor verantwoordelik Willem Roets”.
Sy bly n oomblik stil en kyk Willem vas in die oë: “Ek het klaar n skikkinsooreenkoms vir skadevergoeding vir wat Boskop werd was op die dorp by die prokureur laat opstel. Ek wil egter niks verniet hê nie en het ook n koop ooreenkoms laat opstel vir die skadevergoedingsbedrag plus die helfte van wat Boskop vandag werd is. Moreoggens tienuur sal jy by Johan van Eeden se kantoor wees om die dokumente te teken en sal die geld aan hom oorbetaal word om in trust gehou te word tot die oordrag gedoen is en Struwig trust die kaart en transport vir Struwig trust het nadat Boskop in die trust se naam is”.
Willem Roets raak woedend en vlieg op: “Wie de hel dink jy is jy om vir my te kom voorskryf wat ek moet doen. Ek gaan hof toe met die eis en jy weet dit. Julle beter trap van my plaas af en sommer nou dadelik.
Marietjie staan op en kyk vir Janneman en Bernard: “Ek dink julle twee moet gaan kyk hoe gaan dit by die melkery. Daar is iets wat ek vir hierdie meneer wil sê het en dit is net vir sy ore bedoel”.
Die manier wat sy hulle aankyk laat die twee by die deur uitvlug en laat Willem Roets in sy stoel terugsak.
Toe hulle alleen is dien Marietjie die nekslag toe: “Januarie maand toe ek en Bernard op wittebrood was het jy vir Sophie, n vyftien jarige swart meisie in hierdie huis verkrag. Sy het jou kind Willem en ek is seker jy wil nie hê dat dit die wêreld vol moet lê nie. As jy my nie glo nie hulle is hier in die kombuis. Moet ek hulle roep?”.
Willem kyk haar net aan en staan sy op en stap kombuis toe. Toe sy terugkom is Sophie en die kind by haar en wys sy die kind vir Willem: “Hierdie kind het n blanke pa Willem, daar is geen twyfel aan nie”, sy wys vir Sophie om te gaan. Willem voel of die aarde onder hom oopskeur en word hy op daardie oomblik twintig jaar ouer. Hy besef baie goed wat die komplikasies kan wees as daar n klag teen hom gelê word. Hy kan maklik vir die res van sy lewe in die tronk beland. Marietjie het hom vas, dit is verseker.
Hy kan skaars die woorde uitkry toe hy prewel: “Ek sal tienuur daar wees om te teken”.
Marietjie kyk hom aan en staan op: “Dankie Willem dit was lekker om besigheid met jou te doen. Sorg dat jy tienuur daar is want as jy nie tienuur daar is nie is ek elfuur by die polisie en slaap jy moreaand in die tronk. Terloops sodra jy die dokumente geteken het sorg julle dat julle Boskop dadelik ontruim sodat ek en Bernard kan intrek”.
In die verte hoor hulle die geblaf van twee lokomotiewe wat met n swaar vrag die Langspruit bank begin klim. Marietjie glimlag en slaan sy die laaste hou: “Soos daardie trein se wiele draai Willem het die wiele van die lewe teen jou gedraai. Jy moet n lekker aand hê. Ek gaan nou my man haal en dan sien ek jou tienuur moreoggend by die prokureur vir die afhandeling van ons saketransaksie. Onthou as jy tienuur nie daar is nie is ek elfuur by die polisie om n verklaring af te lê en terloops, jy sal elke maand onderhoud vir jou kind by Sophie kom betaal. By my persoonlik op Boskop om vir haar te gee”.
Daardie aand skryf Marietjie in haar dagboek: “Liewe dagboek. Ek het my belofte nagekom. Moreoggend tienuur is Boskop amptelik ons sn, terug by die Struwigs waar dit hoort. Dagboek ek moet tot my skande erken dat ek elke sekonde vandag geniet het toe ek Willem Roets gebreek het. Ek het weerwraak geneem soos min”.
Die volgende oggend tienuur is hulle almal teenwoordig en word die verskillende dokumente in Gert van Eeden se kantoor onderteken om Struwig trust die wettige eienaars van Boskop te maak. Toe die dokumente klaar onderteken is en Willem opstaan om te loop is Marietjie se afskeids woorde aan hom: “Ek is seker dat ons goeie bure gaan wees want ek gaan jou ten minste eenmaal n maand sien. Dit was lekker om met jou besigheid te doen”.
Toe Willem uit is skud Gert sy kop: “Ek sal net graag wil weet hoe jy dit reg gekry het Marietjie”.
Marietjie skud haar kop en glimlag toe sy opstaan maar sy bedank Gert net vir die opstel van die dokumente.
Toe hulle die kantoor uit is sê sy vir Hans: “Nou wil ek begraafplaas toe na Mamma en Pappa se grafte toe. Toe hulle by die begraafplaas stop stap sy en Hans na die grafte toe, Bernard en Elsabe bly in die motor sit, hierdie is Hans en Marietjie se oomblik.
By die grafte gaan sit Marietjie met Hans wat by haar staan. Toe huil Marietjie: “Pappa, Mamma, ons het ons belofte nagekom. Boskop is weer in die Struwigs se hande waar dit hoort. Pappa vir ons kinders, julle kleinkinders, is daar nou n plaas as erfporsie om weer van geslag tot geslag te gaan. Nou kan julle na al hierdie jare rus”.
Marietjie staan op en vee die trane af: “Kom Hans ek het dinge om te doen en wil vanaand op Boskop slaap”.
By die huis gekom is Marietjie se eerste vraag aan Hans: “Wat gaan jy nou doen Hans. Gaan jy bly werk of gaan jy plaas toe kom om saam met Bernard te boer”.
Hans antwoord dadelik: “Ek gaan maar eers bly werk. Julle kan maar aangaan met die boerdery. Ek is seker daarvan dat in Bernard se bekwame hande Boskop net vooruit sal boer.
Hulle kuier nog n rukkie en dan is hulle oppad Boskop toe. Hulle tref n verlate Boskop aan en trek hulle dadelik in. Ou Maria help fluks en vat dit nie baie lank om in te burger nie. Marietjie het die middag gaan kruideniersware koop en kreun die bakkie toe hulle die pad vat Boskop toe.
Op Boskop ontdek hulle dat Willem alles net so gelos het, tot die meubels in die huis.
To Bernard afsit melkery toe stap Marietjie stadig deur die huis en drink die huis behoorlik in. haar kop werk oortyd soos sy beplan om die huis se inhoud weer tot sy volle glorie te herstel.
Voor Bernard terug is van die melkery af word die dagboek weer haastig nader getrek: “Liewe dagboek. On is hier op Boskop ek het vandag vir Mamma en Pappa gaan sê dat ons ons belofte nagekom het. die verlede is nou afgesluit en lê die toekoms nou voor. Dit sal seker die volgende paar dae dol gaan maar vanaand is die aand. Moet nie vrae vra nie dagboek maar dit is nou tyd dat ek en Bernard met n gesin begin”.
Dit is die aand wat Marietjie haar deurskyn nagkleertjies aantrek en Bernard in die grond in verlei op n liefdesnag soos hulle nog nooit ervaar het nie. Ses weke later weet sy, sy is swanger en word haar dogtertjie nege maande later gebore. Terwyl sy nog in die hospitaal lê met die babatjie wat aan haar drink is haar woorde aan Bernard: “Ons moet gou weer plan maak. Ek wil vir jou n seun ook gee”.

Die elektrifikasie het nie net tot die Harrismith Bethlehem lyn gebly nie en is die Kroonstad lyn ook ge elektrifiseer. Die gevolg is dat net die Bloemfontein lyn op die einde van die dag stoom bly tot in 1989. In 1977 verdwyn die laaste Bongols en 15F lokomotiewe uit Bethlehem uit toe hulle vervang word met 25NC lokomotiewe wat botallig geraak het in die Karoo. Hans bly maar op die stoom al werk hulle net Bloemfontein toe en kry hy 3401 vir sy gereelde lokomotief. Soos in die ou dae word sy blink gemaak en geverf en gepolitoer tot sy in n uitmuntende toestand is en word sy die trots van Hans Struwig en Bethlehem loko.

In 1977 is dit een oggend vroeg wat die klank van stoom net vir een keer weer op die Kroonstad lyn oor die velde rol. Dit is die dag toe Hans n toeristetrein vol stoom entoesiaste Kroonstad toe werk.
Die oggend neem Marietjie haar twee kinders saam met Elsabe se twee, Elsabe is ook by, na die populierbos op Boskop toe waar hulle vir die trein wil gaan kyk.
Van ver af hoor hulle die geblaf van die groot 25 klas oor die velde rol tot hy met n rooksuil wat die lug inseil in hulle gesigsveld verskyn. Baie opgewonde hou die kinders die trein dop toe hy by hulle verbysnel. Hulle waai toe Hans met die ou bekende een lang en twee kort fluite groet. Met suisende wiele wat in n vinnige ritme oor die spoorlaste klap verdwyn die trein uit hulle gesig uit. Net die rookwolk bly in die lug hang om deur die wind weggevoer te word.
“Het Tannie gesien hoe draai die wiele”, vra klein Dirk.
Marietjie knik haar kop en antwoord: “Ek het gesien maar onthou altyd, dit is nie net die trein se wiele wat draai nie, die wiele van die lewe draai ook. Miskien nie so vinnig nie maar hulle draai”.
Dirkie kyk haar snaaks aan maar sy en Elsabe glimlag maar net en vertel Marietjie: “Toe ons kinders was het ek en oom Hans baie dae hier gesit en treine kyk. Toe het oom Hans altyd gesê dat hy eendag n treindrywer gaan word. Ek sal vir hom huishou en as hy klaar die vlaktes platgejaag het sal hy huis toe kom om te kom boer”.
In 1989 toe diesel lokomotiewe ook die Bloemfontein lyn oorneem kom Hans permanent huis toe om te kom boer. Hy het nie kans gesien vir die diesels nie en het buitendien gevoel dat dit tyd is om plaas toe te kom.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed