Jongste aktiwiteit:

Dieselfde Lot

Dieselfde Lot (Skilder Paul Sanzanne)

Hulle het gekom,
en hulle het gegaan
beroemde sangers, digters, skilders
skrywers en krygers- – –
Ons luister na hul pragtige stemme
en staar verwonderd na hul skilderye,
of ontspan met hulle boeke en gedigte
maar die penne is lank gelede neergelê
en die inkpot het intussen opgedroog
wyl die verfkwas skoon lê op die palet – – -.
Die goue stemme het verstil en
wetenskaplike navorsers se name leef
voort, ook die generaals van groot veldslae
word onthou, en so het al die nederiges en
beroemdes gekom en gegaan
sonder uitsondering
een en dieselfde lot – – –

Janetta – Helena [Babs] ©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed