
Tranekatarsis
Tranekatarsis
Trane ontlaai die drukkende
emosies nes ‘n stoomklep wat open
en trane ontsnap uit die oë soos
helende balsem vir die verskeurde gemoed
en die opwellende snikke en rukkende skouers
ontpers trane uit die dieptes van jou sieleleed
en biggel oor die wange soos lawa wat diep
uit moederaarde se gesmelte buik vloei en met
sametrekkende trillings en krampe uitgepers
word en bergaf vloei uit ‘n oorvol kraterbek – – –
In jou grootste vreugde en verdriet ontlaai die
oorvol gemoed laggend en snikkend trane en
is dit die katarsis van ons ekstreme emosies
van vreugde en verdriet – – –
Janetta – Helena [Babs] ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.