my beendere
Geraamte, ‘n raamwerk sonder vlees
Almal lyk eenders, roomwit kaal.
Bene van my mens
Kom laat die lewe vir my vlees aantrek.
Laat ervaring my leer
Bou my gehue en laat my leef.
Blaas my asem in en
Laat passie deur my are pols
Spier ferm, stokstyf tot euphoria…
Beeld geheel, nou vleesig
jong jare, herrinering
kerf ringe uit my vlees.
Die pyn ruk my tot stilstand
as ek hartseer terugkyk na verlore tyd,
my ringe baie krom, tog rond.
Na Hand gevorm uit U grond,
Tot stof sal ek niet word.
Strak val die hand met hammer
Kas met spyker aan.
En kluit val dof,
Tot stiltes jul verswelg
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.