Die pers heks van Blommeland skryf ‘n vinnige versie
ek bind ‘n bont sarong
om my goudkoper lyf
ek buk langs die water
om my woorde te skryf
in die sand van die see
in die blou van die lug
word ek die albatros
wat deur hemele vlug
ek wydsprei my vlerke
ek’s ‘n wolk voor die son
en patroon al my druppels
oor elk krans, dal en kom
ek word die water
wat riviere laat spruit . . .
en ‘n blombont sarong
wat oor die aarde tapyt
C. Shaw
20 November 2016
3 Kommentare
-
Palet
Baie mooi vers
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
vir n vinnige versie is dit pragtig