Jy vertel my
Wanneer ek terugkyk
deur die vensters
van stukkies onthou
staan ek verwaaid in die woestyn’korrels
oor gedagtes van jou
Loop jy kronkelpaaie
deur my hart se gange
jy vertel my van die maan se lag
jy vertel my van die druppels dou
jy vertel my van die diepste blou
Waar skatte
in my oӫ verskadu word
en soos portrette
van die nag
aan my hart se skeidsmure hang
Stuk vir stuk
skeur my gevoelens weg
slaap, en droom, en wag
tot die skemer in die ooste sê
dis weer ‘n nuwe dag
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.