Oortuig
Oortuig My
Dit raak aand die dag buig uit
en die gordyne gaan netnou finaal sak oor
verskeie tablo’s wat vandag afgespeel het
al die goed en kwaad in helder sonlig en die
nag trek sy donker sluier in magtelose skaamte
oor al die gebrek, ellende en wreedheid wat
gedurende die sonskyndag afgespeel het en
oorspoel in die nag onder helder neonligte – – –
Al die boosheid is sielsversmorend
kom sefier!
Kom waai jou koel lafenis oor my brandende
gesig en verlig die benoudheid soos met ‘n koel lap
en oortuig my dat edelheid, skoonheid en deug
steeds die septer swaai in menige hart!
Ja kom skugter briesie,
kom streel my onrus weg dat ek in jou
koel omhelsing rus en vrede kan vind – – –
Janetta – Helena [Babs] ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.