SEKERHEID
In die bruis van my bloed,
waar been en murg mekaar ontmoet,
in die greintjie van elke sel,
in die vleis onder my vel,
in die holte van my krop,
met die slag van elke hartklop,
weet ek dat jy weet,
dat ek weet.
HMellet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.