
Geduldig, Gedienstig, Gedwee.
Geduldig, Gedienstig, Gedwee. (JFE Cilliers)
Wag het hedendaags al ‘n instelling geword
want orals moet jy geduldig in rye wag en
soos Jan FE Cilliers se osse deur die stowwe
beweeg jy maar met die span saam in die tou
geduldig gedienstig gedwee – – –
Oral waar toue is val jy maar agter die ry in
geduldig, gedienstig, gedwee, so gekondisioneerd, en
alle transaksies vat tyd, min word onmiddelik afgehandel,
kom maar weer oor twee of drie dae terug en die ironie is
dat alles is deesdae oor die telefoon en internet onmiddelik
geen wagtyd of oponthoud nie – – –
So leef ons blykbaar gemaklik met die teenstrydigheid
saam al is dit soms geduldbeproewend lastig irriterend
soos die wag-‘n – bietjie bos se dorings – – –
Janetta Helena [Babs] ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.