Jongste aktiwiteit:

Middernag branders

‘n Skim van water
in ‘n dorre woestyn
alleen asem
gister met sonsak loop ek weer
al langs die soom van die see

Skemer word donker
alleen word al een
eenkant die ewig oneindige water
anderkant ‘n verwoeste brandende aarde

Jy was
net die pers en blou
en ek
die leemte in jou

Gekapte wolke knaag
deur die dik koue lug
aan’t flarde woorde val
in ‘n stormsee terug




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed