Jul Oë Het Ontmoet
Jul Oë Het Ontmoet
Om lief te hê
of om bemin te word deur
iemand spesiaal wat jou spesifiek bo
almal in die hele wye wêreld raaksien
waar hy/sy kon kies en keur maar
die oë het op jou kom rus en jul oë
het in ‘n magiese oomblik ontmoet – – –
Die betowerende oomblik laat jou
vasgenael staan in verwondering
en skugter afwagting – – –
Jou lewe en wese blom stralend
en jou innerlike skulp oop wanneer
die liefde jou siel pêrelmooi laat
ontbloot teenoor die geliefde in
‘n eenmalige grootse ontwaking van
jou eerste liefde en om die opwellende
wonder nooit weer so te ervaar nie – – –
Janetta – Helena [Babs] ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.