
Silwer drade blink en sag ” Demensie”
Vir hierdie besondere
mamma mens
wat gryp na die mǒre
voel die skoonheid
in vandag verlore
Wens ek kon ‘n nuwe son
teen jou hou
wanneer die nag kraak
en splinter soos glas
En jy weet, jy weet
tyd verkrummel
en spoel die wind
soos duine
oor die sand
Want gister en vandag
is nou net splinter’glas
wat skyn deur dowwe sterre
Op jou naakte siel
Jou oopgevlekte hart
jou weerloosheid,
die regte jy
is wie vir altyd
in my hart sal bly
7 Kommentare
-
neels
staande applous vir hierdie een Palet
-
Viooltjie
Welgedaan, Palet. 'n Baie innige gedig
-
Koekekranka
Sielvol en pragtig!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die ‘n Stem vir Gesondheid projek