Jongste aktiwiteit:

Die vierde dimensie

Die vierde dimensie

In die skrootwerf van tyd
hurk die bejaarde opsigter –
sleutels weggepak in oogkaste,
hy frons en sluit die melkweg oop.

Kraaie sirkel in die roes van eeue
‘n trop wolwe hardloop in die rondte –
leisels sekuur aan die sekondewyser,
só sleep minute en ure verby.

Die man met goudstof in sy oë
wéét hoe die kosmos werk:
in bloeibleek stegies van gister
of spiraalgange van môre
is die tik-tak van horlosies –
ook maar relatief.

© Ernst dos Santos




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed