Digter
In die voue van my maag
lê onverwoord of verwerk
onbekend in my gedagtes,
van my hart.
Grommend die woorde
soos ’n slegte stukkie kos
onverteerd in my,
maag.
Dit maak geluide
gee seer stekies,
ń ongemaak wat
Wil uit.
Dit krul en gly in my
swart-rooi binneste,
kom skielik sonder wag
deur alles na vore
op papier.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.