
Dinky Toy Paaie
skruwe knieë, vuil hande
stoot sand grond paaie
om miernes gatte
in sand.
blink kar met niemand
aan stuur rol sekuur
met kind in beheer
oor gister se straat.
kom reis kaalvoet saam
op dicky toy paaie
waar lewe ongeskonde
bestaan.
voor die hoofweg,
waar die wêreld jaag,
se hek
agter ons toeslaan.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.