dowwe
daar kom dowwe dae
sommige daarvan toe gemis
ander deinserig van stowwerige wind
deur alles sit ek maar stil op my duin
niks versteur my sweeftogte meer
alles lyk interessant en gebeur
soos die klok tyd aftel
ritmiese aard-gebel
dofheid kan dalk
frustreer maar
nie ontmens
net effens
ouer en
traer
as
jonk
wees
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.