
duine
duine opgebou met sand
langs die see bring dit uitsig
in woestyne vorm dit eindeloos
my duin bring ook insig na vore
insig in die wêreld daaromheen
natuur se prag en heerlikheid
mense-gedrag en eerlikheid
nostalgiese ego-reise
met harde introspeksie
waarin my siel sy rusplek soek
wat sou ek doen sonder my duin
sou ek op hoogste bergspits
die wêreld so kon ervaar
hoog en verwyder
tog so naby daaraan
elke mens soek
sy eie duin
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.