Eerste lig
‘n Flouerige ligkol glim
op die kamerdeur wat half oopstaan
Die silhoeët van ‘n ou trui en ‘n drafhemp
wat daaroor hang
ets vaag bekende figure
tot ‘n sprokiesland
waar alles moontlik is
Maar die nader-kruipende daglig
maak die grootmens wakker
onwillig
maar meedoënloos
Verdring die kind in my
en die wonderland verflou
Kan ek jou langer vashou ?
Jou lig kom te vinnig
jou blinkdag te gou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.