Ek sien sonder om te hoor. Ek hoor sonder om te kyk.
Ek sien sonder om te hoor
Ek hoor sonder om te kyk
Ek strompel deur die woestyn se warm sand
Ek vra in skreeunde vorm hoe het ek hier beland
Ek probeer waarheid sien
Ek probeer waarheid ruik
Ek probeer waarheid proe
Ek vind myself dikwels verlore
Ek soek myself gereeld in drome van môre
Ek probeer als op een slag aanvat
In die wêreld se normale kloks slag trant
Ek wil waarhede toespreek
Sonder om dit met gewone mense te bespreek
Ek raak soms kwaad
As gurige mense van geheimsinnige skate baat
Ek wil glo dat oorlog vryheid kan bring
Dat bome geskiedenis boeke kan vul
Dat ‘n hemel vol vliegtuie van vrede kan sing
Kinders dalk kan liefde ken sonder oorlog se gil
Ek wil glo dat “dwelms” ons gesondheid kan verbeter
Die rakke lê vol leë bottels van beloftes
Vitamiene in elke geur vir jou kleuter
Elke gebruiks aanwys papiertjie vol van valse geloftes
Ek wil glo dat die banke se skuld rykdom verskaf
Dat dit aan jou geleen word om jou ‘n kans te vergun
Hulle word ryk terwyl jy vir jou huur werk elke dag
Die mooi verkopende boodskap verskyn ongelukkig net in die begin
So probeer ek verstaan
Die mens aangedrewe rede vir bestaan
In die land van die blindes
Is die dowes die konings
In die land van die dowes
Gaan soek die blindes na ander wonings
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Toom
Eina! Dis moeilik om te verstaan; ek verstaan dit ook nie. Ek soek ook 'n ander woning. GvT