Fyn Fluitjiesriet
Dunstelig en in lit verdeel
wieg jul tesame songestreel
op vlagies van die lente-wind
in liefdespassies saamgebind.
Maar as die somerdonder dreun
en takkies onder windvlaag kreun;
die hael en reën karos oor rant
en bliksems lig van alle kant,
dan buig jy barensnood jou krom
voor angs wat uit die gitnag kom.
Was ek maar jy, fyn fluitjiesriet,
wat tengertaai kon teëstand bied
teen lewenshael en -wind se krag,
sou ek ook in geloof kon wag
en stilraak in die Gees se krag
as ek my aardse huis verlaat
met aanbreek van my stofworddag
as dan my gees na God verplaas…
6 Kommentare
-
Viooltjie
hierdie is voorwaar 'n pragtige gedig. Kan jy dit nie ook vir die teenstelling projek inskryf nie?
-
Evelyn van der Merwe
Ek ditto die res. Jy besit die vermoë om deurentyd rym toe te pas wat nogtans nie gedwonge voorkom nie.
-
Arnold
Ek persoonlik dink dis een van jou bestes, baie goed verwoord.
-
neels
uitstaande gedig hierdie
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Teenstellings projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Hoendervleis mooi...jou slotvers is ekstra spesiaal!