Gammat se gebed
Gammat se gebed
`Seur is my se Koning – my se pa
my se hart sal nie arm wees nie
djy lat my lȇ tussen kallers en wa’
maak my se hart bly en nie seer nie
al loop ek by die dooies –
sal ek nie bang
U se arms maak my toe teen die rooies
gee my kos, al wil skollies my vang
smeer U my vel lat ek blink
en belowe goed vir altyd
sal ik nie lat ek sink
al lȇ die wȇreld wyd
sal ik by djou bly
my se Pa aan my sy.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.