Gebeentes wat eggo
Met die voet aan die wal
het ons voorvaders van ver
en swaar
getrek; om dié aarde
te prober besit.
Hul bloed en sweet
bruis baldadig deur die riviere
en kreun klaend in die diepe aarde.
Vandag dra ons steeds swaar
aan skuld-
gevoelens om oor grense
te prober beur.
En dit wat ons kop reeds vergeet
het, word onthou
in ons spierwit gebeentes
se eggo’s
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.