Jongste aktiwiteit:

Geboorte van ‘n swaard

Uit die hemelse duisternis
spreuk ‘n stem
en gee geboorte aan lig,
lig waaruit lewe spruit

murg en van sy sinlikheid
gebaar met tong en hand
been en voet
eer en wil

omskep die man ‘n wêreld
met sweet en bloed
vas geketting
soos slaaf

met staal en sweep
is hy gebrandmerk
om van sy siel te vergeet
sink sy bloed weg in sand

tog die sand vir hom geskape
nou waaraan sy vlees
skaaf en deur skaaf
soos sy meester hom knaag

met elk van die hammer
se vonk,vonk hy
elke hou,spreek hy
tande wat knaag met die sweep

uit liefde,met liefde
sy vlug
oor bebloede woede
tug hy na sy sinlikheid

die buig,die hammer
die kwetsing van sy siel deur staal en sweep
bevestig hy siel en liefde
geboorte van ‘n swaard.

©morné du preez




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed