gedag-gedog-gedrog
douvoordag se drome
raakgevatte nagmerries
wat gallop en baljaar
op ouveld se jaar
diep het diė dag gesetel
oneindig dieper as diepste
geheuepatrone wat herwin
en win en wan tot stof
sal stof nooit gaan lê nie
elke nuwe wind dit oprakel
opstu in my gebrakelde
nou, van vandag
stap voort my siel
oor die duine van vandag
ruis die wind sterk om jou
raak die pante van mōre
die wenpaal wink nou
om die laaste draai en vou
hou asem, hou – laaste treë
in die bitter, luide nou
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.