
getrou(d)
jakkals trou met wolf se vrou
reëndruppels wat sonnig uitsak
wat blinkers maak op blomblare
ewekans staan daar twee manne
hulle tuur uit oor die turkoois see
dalk hou hulle sleepnet dop – of iets
getrou aan sy beloftes maak hy koffie
dra dit aan na haar wat nog sag slaap
saggies raak hy haar lokke aan en sug
ver oor die duine huil daar ‘n jakkals
vroegaand se heimweë tref my daar
op my droë duin met fynbos-spruite
die see vertel van verre lande
groen palmtakke en wit strande
getye getrou soos dit moet wees
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.