Sal jy my nog liefhê (Opdrag 5)
My lief
sien jy
hoe bekruip
die ouderdom
my stelselmatig
hoe my hande
verkreukel verkrom
van daar waar ons nog
lag agter glas en gister se prag
sal jy my nog liefhê
as
my liggaam
padkaart
en kieriekrom
buk om vir jou
te pluk
ons
– l i e f d e –
broos (sonder troos…)
lief
©Cornien Naudé
09 Augustus 2018
4 Kommentare
-

Viooltjie
goeie werk, Cornien
-

Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Driekie
Dis baie mooi, Cornien, ek hou van die woord "kieriekrom" dit is so raak beskrywend.