Halfmens
Humanisme het met Satan gepaar ;
met ‘n kontroversiële Engel omgang gehad
-in hel geskep,
in hemel gebaar,
op aarde geplant.
MY vorm aangeneem.
Was daar maar ‘n stukkie
ék
ook net ‘n mens
-sou die son se strale
dálk
ook my vel bereik.
As ek maar net ‘n bietjie minder
Maan was,
Pluto was,
Pandora was,
dan sou ek
dálk
ook ‘n sitplek in Aard-teater hê.
Was ek maar net bietjie minder
ék
sou skaduwees
dálk
vlug,
sou bitteralwyn
dálk
genadig wees,
sou afgrond
dálk
minder my naam ween.
Soek my onsigbaarheid in die stilte,
lees my stilte in die donker,
voel my donkerte in die storms
-ruik die onwelriekende uitroep na
aanvaarding.
Die lewe boog in ‘n sekelmaan
-onvervuld.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.