Jongste aktiwiteit:

Woorde van my hart

Woorde van my hart

Woorde wat soos
komete deur die hemelruim vlieg
leestekens wat in melkwegtree
spikkel oor die blad

Woorde en gedagtes soos ‘n kwas
wat swiep oor ‘n doek,
beelde in kleure
wat deur klankgrense breek

Eindelose, ontelbare woorde
in speserymark geure
van skerf pynigende venyn
en sag vertroostende komyn

Klanke en lettergrepe
saamgevoeg in strofes
vorm ‘n tydlose melodie
gee sin aan die lewe se simfonie

Die ritme van verse uit ‘n enkele hart
word in ‘n gedig vasgevat

© Lynne Lexow




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed