Hartaanval
Ek het n intense vergadering gehad met emosies wat hoog loop. So loop ek hoogs ontsteld daarna in my hart uit en in die wereld in. My gedagtes maal om en om; hoe maklik kan mense dinge se en verdraai! Redenasies wat gaan oor om te wen of om n punt te bewys. God se skepping maar tog so trots en vol van hulself; “Ek maak wat ek wil en luister na niemand nie.”
In die nag voel ek die klip le in my bors-neerdrukkend, stywe ongemaklike gevoel. Asseblief Here tog net nie weer my hart nie. Kenmerkende pyn in linkerarm wat opskiet en keel wat snaaks voel. Ek is seker maar net moeg. Drink sommer drie Disprins en n slaappil om net weg te kom van die gedagte. Word wakker met n droom oor vorige dag se vergadering.
Innige selfstryd wat wonder of ek maar net alle simptome moet ignoreer en vir die beste vertrou. Ek het mos die Here gevra en moet nou net vertrou-hoop, geloof en liefde.
Die keuse gemaak om hospitaal toe te gaan. By die trauma eenheid op n bed le en wag-intussen al die gedagtes. Word opgeneem en op n drup geplaas.
Wag vir die dokter. Toetse en toetse. In my agterkop dwaal gedagtes oor my mediese fonds en al die uitgawes; die ongerief vir familie. Moes ek nie maar net alles gelos het en die noodlot sy pad laat gaan nie? Is die lewe regtig die moeite werd? Is vyf en sestig jaar al wat gegun word?
Dokter kom in en sit al die toetsuitslae voor my en my vrou en my kleinkind neer. Angstige vrae, dokter wat teken en verduidelik. Net 34% van my hartspier se werking oor. Het versleg van ses maande geled se 55%. Hart vergroot, een klep lek-gewaarsku dit kan op hartversaking uitloop. ‘n Pasaangeer behoort sal hartspier se werking met 20% opstoot. Volgende dag word pasaangeer ingesit. Onder locale verdowing dink ek en dink oor die aanloop van die hele ding.
Nou sit ek tuis vir drieweke al. Oormore kan die “sling” om my nek wat die linkerarm vashou sodat en dit nie kan gebruik nie, afkom. Dan mag ek ook kort afstande bestuur Vir nog drie weke uit die werk. Ja, ek is lief vir die Here want Hy is my Persoonlike Verlosser. Maar in my hart is daar n duisend vrae…
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.