herfshooi
gee vir my ‘n ruiker uit Vlaandere
uit die vleie van Nederland, van
Sint-janskruid of Mansbloed
my hart verlaat homself
op een romantiese reis
vanuit sy goor bestaan
oor vleie en riviere
op kanaalbote
van Hindelopen
tot by Vinkeveen
wys my jou hartswens
in dagmarkies van dorpies
teen kanale en riviere
van Rijkswaterstaat
Ó Tearlach.
Herfshooi – Mansbloed (Hypericum androsaemum)of Sint-janskruid, uit die herfshooifamilie van Vlaandere en Nederland.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.